Beste stoetboer in Suider-Afrika is Namibiese boerin

Bianca Lueesse, dogter van die legendariese Simmentaler stoetboer, Reini Rusch, het die gesogte en vlagskip toekenning as Breedplan en Landbouweekblad se Suider-Afrikaanse Stoetteler van Jaar by Aldam in die buurland ontvang. Lueesse boer nie net met Simmentalers nie maar het ook ‘n Brahmanstoet en trofeewild op die familie-plaas Lichtenstein-West in die Khomas Hochland. Die Rusch-familie het die eerste Simmentalers in 1880 in Namibië ingevoer en die familie se stoet is reeds 50 jaar gelede geregistreer. Haar ma Marlies het in die 70’s die Brahmanstoet geregistreer. Lueesse het die hoogste meting verwerf, vyf sterre vir beide stoete.