Mosiehof: Net een rol gelaai maar meer as N$20m geëis

Daar was net een rol vir die mosiehof vanoggend op die regstelsel gelaai met 54 aansoeke vir verstekvonnisse. Regter Eileen Rakow het die sessie hanteer met kommersiële banke wat 31 van die aansoeke gebring het. Net minder as 4,6 miljoen Namibiese dollar is betaalbaar in 18 uitstaande lenings en 12 eiendomme is opgeëis ter waarde 16,4 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. Een voertuig moet terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Rakow 35 onverdedigde egskeidings hanteer.