Oshakati-burgemeester: Vloedwater bereik Noorde 

Vloedwater uit Angola het Endola in die Ohangwena-streek bereik. Video’s van die vloedwater is vandag wyd op sosiale media versprei. Die water kan Oshakati en Ondangwa bereik en is ‘n aanduiding dat meer vloedwater dalk op pad is na die land se noordelike streke. Die burgemeester van Oshakati,  Ronny Hango het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die vloedwater het inderdaad Namibië binnegekom en hy doen ‘n beroep op inwoners van vloedgeteisterde gebiede om versigtig te wees.

Hango sê die water kom stadig, maar dit kan baie gevaarlik wees.