Windhoekse Stadspolisie hou patrollies

Die Windhoek Stadspolisie is tans besig met verskeie patrollies en daar is padblokkades opgestel om padveiligheid te bevorder, asook om te verseker inwoners hou by verkeersreëls. Stad Windhoek se polisiehoof Abraham Kanime waarsku padgebruikers in die hoofstad om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie.