Oscar Pistorius gaan hof toe oor sy parool

Die veroordeelde moordenaar en gewese Olimpiese en Paralimpiese atleet Oscar Pistorius wil hê die hooggeregshof in Pretoria moet korrektiewe dienste dwing om sy vrylating op parool te oorweeg. Hy is tot 13 jaar en vyf maande gevonnis vir die dood van sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in 2013. Pistorius het agt-maande lank in die St Albans-gevangenis gewag om Reeva se pa, Barry, te ontmoet as deel van die paroolproses. Die ontmoeting het in Junie plaasgevind, waarna hy na die Atteridgeville-gevangenis terug verskuif is. ‘n Hofdatum is nog nie vir die aansoek vasgestel nie.