Beseerde Bokke Pollard en Am vrygestel aan hul klubs

Rugby: Twee beseerde Springbokke keer vir verdere mediese ondersoeke na hul klubs terug nadat hulle uit Saterdag se span teen Australië in die Rugbykampioenskap in Sydney weggelaat is. Die losskakel, Handré Pollard en senter, Lukhanyo Am het albei verlede naweek in Adelaide kniebeserings opgedoen. Elton Jantjies en Pieter-Steph du Toit sal in die kamp aanbly, aangesien hulle na verwagting genoegsaam van hul beserings sal herstel vir die laaste twee wedstryde van die kampioenskap – weg en tuis teen die voorlopers tot dusver, Argentinië.