DA vergelyk Phala-Phala met Nkandla

Die DA-leier, John Steenhuisen, het President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaasskandaal vergelyk met oudpresident Jacob Zuma se Nkandla-skandaal. Steenhuisen het Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy vrae oor die diefstal op sy wildplaas in Limpopo in 2020 ontduik. Steenhuisen sê ook die parlement beskerm ANC-lede.