Angolese kinders wat onwettige in Namibië werk, wek kommer

Die LP van die Popular Democratic Movement, Yvette Araes, sê dat minderjarige Angolese burgers onwettig die land binnekom om hier handel te dryf. Volgens haar is sommige van die kinders so jonk soos 14 jaar oud en om te oorleef word hulle vee-oppassers of werk as huishulpe, teen baie min betaling. Ander word weer in die werk gesteek om vrugte, gekookte eiers en meer op straathoeke te veroop. Araes sê dit wek groot kommer omdat die kinders in baie gevalle uitgebuit word en daar is geen beskerming vir hulle nie omdat hulle nie gedokumenteer is deur owerhede nie. Hulle getalle neem ook toe. Sy sê sy sal die kwessie volgende week in die Nasionale Vergadering aanspreek en antwoorde by die minister van binnelandse sake en veiligheid, Albert Kawana eis.