Osaka sê dit was ‘n moeilike jaar

Die viermalige grand slam-kampioen, Naomi Osaka, het erken dat sy vanjaar meer laagte- as hoogtepunte beleef het. Sy het sedert verlede jaar se Australiese Ope nog nie weer ‘n titel gewen nie en is die afgelope drie toernooie in die eerste ronde uitgeskakel. Die 24-jarige speler neem hierdie week as verdedigende kampioen deel aan die Pan-Pasifiese Ope in Japan. Osaka, wat tot die 48ste plek op die wêreldranglys gesak het, sê dit was aanvanklik moeilik om nie meer in dié sport se topgeledere te wees nie: