Tifoon verjaag 8 miljoen in Japan

Owerhede in Japan het miljoene mense beveel om hul huise te ontruim, nadat ‘n kragtige tifoon suidelike Japan met stortreën en storms getref het. Die openbare uitsaaier, NHK, sê plaaslike regerings het meer as 8 miljoen mense in suidelike en westelike Japan beveel om te ontruim, weens tifoon Nanmadol, wat reeds kragonderbrekings en vlugkansellasies veroorsaak het. Weervoorspellers het gewaarsku teen uiters sterk wind en hoë golwe “soos nog nooit tevore ervaar is nie”, met die bedreiging van riviere wat oorloop en grondverskuiwings.