Kapenaars moet op pas vir behuisingslenter

Suid-Afrikaners loop nes Namibiërs deur onder slenters. Die Wes-Kaapse Departement vir Menslike Nedersettings waarsku inwoners teen ‘n aanlyn behuisingskelmstreek wat mense vra om te betaal vir regeringshulp met behuising. Die LUR Tertuis Simmers sê hy het onlangs bewus geraak van ‘n Facebook-blad, “RDP House Application 2022/2023”, waar bedrieërs hulle as amptenare voordoen wat werk met aansoeke vir huise, sleutels en titelaktes. Hy sê ‘n inwoner van Kaapstad was die jongste slagoffer en sy het 2 000 Suid-Afrikaanse rand aan die bedrieërs betaal: