Orkaan Ian: Skole, lughawens en hawens sluit in Florida 

Meer as 2,5 miljoen inwoners langs die suidwes-kus van Florida is aangeraai om te vlug nadat orkaan Ian die land as ‘n kategorie vier-storm bereik het. Amerika se Nasionale Orkaansentrum waarsku toestande versleg vinnig, met die gebied tussen Naples en Sarasota wat ernstig bedreig word. Ian het Kuba vroeër getref en ‘n kragonderbreking oor die hele eiland veroorsaak. Hospitale, winkels, lughawens, sakeondernemings en skole langs Florida se golf-kus het hulle deure gesluit. Die Kuswag het hawens gesluit en die vloot het sy skepe verskuif.