Namibiërs is besig, bevolking styg skerp

Die bevolking in Namibië het 3 022 401 bereik en bestaan uit 1 548 177 vroue en 1 474 224 mans. In die algemeen maak vroue 51,2 persent van die bevolking uit en mans 48,8 persent. Teen die huidige groei-tempo sal die bevolking van Namibië teen die jaar 2050 meer as 6 miljoen wees. Alex Shimuafeni, die statistiekus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap het die syfers vanoggend bekend gemaak.