Orania is in die nuus, oor kragvoorsiening

Orania in Suid-Afrika word op die oomblik bespreek op sosiale media platforms. Dit kom na die nuus dat die dorpie, van 2 500 ekslusief wit inwoners, amper selfonderhoudend is met elektrisiteitsvoorsiening en beplan om binnekort heeltemal onafhanklik van Eskom te wees. Die rede daarvoor? Die Orasol-sonkragplaas wat deur ingenieur Francois Joubert ontwerp is. Gawie Snyman, wat Orania se munisipaliteit bestuur, sê die uiteindelike beplanning is om ‘n energie-uitvoerder te word. Inwoners van Orania ly nie aan die voortdurende beurtkrag wat die res van Suid-Afrika moet verduur nie. Die dorp se ekonomie is gefokus op selfvoorsiening en gebaseer op landbou, veral van pekanneute.