Hoërhof gooi aansoek om interdik teen Recon te bekom, uit

Hoërhofregter Thomas Masuku het ‘n aansoek deur die Economic and Social Justice Trust, om ReconAfrica te verhoed om vier nuwe gate in die Kavango-gebied te boor, met koste van die hand gewys. Die aansoekers het die klaringsertifikaat wat deur die omgewingskommissaris goedgekeur is, betwis en die hof gevra vir ‘n tussentydse interdik. Masuku sê Recon het sy saak voldoende verdedig. ReconAfrika doen tans eksplorasiewerk in die Kavango-bekken wat dele van noordoostelike Namibië en die noordweste van Botswana insluit. Die eksplorasie bly omstrede.