Opvoedersunie in Suid-Afrika wil skole sluit

Die Opvoedersunie van Suid-Afrika wil skole landwyd in die buurland sluit. Dit volg na die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, se aankondiging dat skole oop bly. Die vakbond sê die departement stel nie onderwysers se lewens eerste te midde van die Covid-19-epidemie nie. ‘n Woordvoerder, Kabelo Mahlobogwane, sê die vakbond wil hê onderwysers moet hulle dienste onttrek.