Palestynse owerheid wys Israel se Covid-enstof van die hand

Die Palestynse owerheid gaan nie Israel se aanbod aanvaar van ‘n miljoen dosisse koronavirus-entstof wat hulle later vanjaar voor kan vergoed wanneer hulle hul eie entstowwe kry nie. Die owerheid sê die entstof is te na aan die vervaldatum. Meer as 400-duisend Palestyne in Gaza en die Wesoewer-gebied is tot dusver ingeënt. Israel is egter weer ten volle oopgestel nadat 85-persent van sy volwasse bevolking ingeënt is.