Curriebeker-kompetisie skop af

Rugby: Die Westelike Provinsie het sewe drieë gedruk in sy sege van 48-24 oor die
Blou Bulle in die openingsronde van vanjaar se Curriebeker-kompetisie in Pretoria. Vier
daarvan is deur die WP se nuwe haker, JJ Kotze, gedruk. In Kimberley het die Haaie ‘n
bonuspunt-oorwinning van 30-16 oor die Griekwas behaal. Vrydag het die Pumas
verras toe hulle die Leeus in Mbombela met 39-10 verslaan het.