Opul vergader, gaan produksie verlaag

Internasionale nuusagentskappe berig dat Opul en sy vennote vandag groot besnoeiings aan produksie sal maak. Die organisasie vergader vandag. Daar word berig dat die organisasie reageer op die daling in die ru-olieprys wat met amper 5 persent in die afgelope 30 dae gedaal het en met 22 persent oor die afgelope 90 dae. Die daling word toegeskryf aan vrese vir ‘n wêreldwye ekonomiese resessie, stygende Amerikaanse rentekoerse en ‘n sterker Amerikaanse dollar. Volgens berigte oorweeg Opul-plus, wat Saoedi-Arabië en Rusland insluit, besnoeiings van meer as ‘n miljoen vate per dag met een bron wat bevestig het dat selfs 2 miljoen vate daagliks oorweeg word. Op die oomblik verhandel Brent rondom 91 Amerikaanse dollar ‘n vat.