Omstrede Rwanda-plan bly, sê Britse minister

Die Verenigde Koninkryk se minister van binnelandse sake, Suella Braverman, sê sy hou by die omstrede Rwanda-beleid en sê hulle kan nie asielsoekers toelaat om die stelsel te misbruik nie. Brittanje en Rwanda het in April vanjaar ‘n migrasie- en ekonomiese ontwikkelingsvennootskap van 120 miljoen Britse pond gesluit. Dit laat die Britse regering toe om sommige mense na Rwanda terug te stuur wat andersins in die Verenigde Koninkryk asiel sou soek. Braverman sê haar einddoel is om die huidige migrasiesyfer van 239 000 te verlaag: