Opul stuur olieprys in sy peetjie in

Oliepryse het die week op ‘n hoogtepunt van meer as 98 Amerikaanse dollar ‘n vat afgesluit. Die week het die kommoditeit met amper 13 persent gestyg tot ‘n hoogtepunt van vyf weke. Dit kom na die aankondiging dat Opul en sy vennote in November daaglikse produksie met 2 miljoen vate sal sny. Dit kom ten spyte van die uiters sterk Amerikaanse geldeenheid wat die vraag na olie onderdruk. Daar blyk om geen verligting in die vooruitsig vir Namibiërs te wees nie omdat die rand en Namibiese dollar ook uiters swak vertoon teen die Amerikaanse dollar met ‘n wisselkoers van 18,13. Kenners het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat olieprodusente gesonde wins maak wanneer olie teen 80 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel.