Groot uitdaging wag op Banyana vandag in Londen

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het ‘n oproep gedoen op haar span, om die vriendskaplike internasionale wedstryd teen Australië vanmiddag in Londen vreesloos aan te pak. Banyana gebruik die wedstryd as voorbereiding vir die Fifa Wêreldbeker wat van Julie volgende jaar af gesamentlik deur Australië en Nieu-Seeland aangebied word. Nadat die Suid-Afrikaners die Afrika Nasies-beker vir Vroue vanjaar verower het, moes hulle die knie tweemaal buig in wedstryde teen Brasilië, toe hulle met 3-0 en 6-0 geklop is. Ellis sê sy verwag ‘n reuse-verbetering in Banyana Banyana se wedstryd teen Australië.