Dokters by Charlotte Maxeke werk in uiters warm toestande

Die DA in Gauteng sê dokters opereer in gevaarlike hoë hitte-toestande in die teaters by die Charlotte Maxeke-akademiese hospitaal in Johannesburg. Die lugversorgingstelsel het dié week onklaar geraak. Dit is die tweede groot hospitaal wat probleme met lugversorging in die huidige hittegolf ondervind het. Alle eenhede by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria het verlede week ingegee. Jack Bloom van die DA sê dit is onaanvaarbaar om in hoë temperature te opereer want dit verhoog die gevaar van infeksies: