Opul stoot produksie op met 400 000 vate

Opul en sy vennote het Sondag ‘n ooreenkoms bereik om die besnoeiing van 5,8 miljoen vate per dag teen September volgende jaar uit te faseer. Die olieprys is op die oomblik die hoogste in twee jaar en het voor die ooreenkoms verhandel op ongeveer 75 dollar ‘n vat. Vanoggend kos ‘n vat Brent ru-olie rondom 72 dollar. Die groep sal ook daaglikse produksie met 400 000 vate verhoog vanaf Augustus. Die Internasionale Energie-agentskap het tekorte van 1,5 miljoen vate daagliks vir die tweede helfte van die jaar voorspel so dit is nie duidelik of daar enige werklike voordeel vir verbruikers is nie.