Vier verkragtings oor die naweek aangemeld

Die Namibiese polisie het vier verkragtings oor die naweek bevestig. Volgens die jongste misdaad verslag is ‘n 11-jarge meisie vermoedelik deur haar oupa, 69 in Wanaheda in die hoofstad verkrag terwyl ‘n ses-jarige meisie na bewering deur ‘n 25-jarige verdagte, wat saam met haar familie gewoon het verkrag. Ook in die hoofstad is ‘n 17-jarige meisie verkrag, vermoedelik deur haar voormalige kêrel. Op Omaruru is ‘n seun, agt jaar oud, deur ‘n 21-jarige man verkrag.