Vakbonde sê Transnet-staking gebeur wel

Die Suid-Afrikaanse vakbonde Untu en Satawu sê die Transnet-staking gaan môre voort soos beplan. Vakbondlede het Transnet se loonverhoging van drie-persent verwerp en eis tussen 12 en 13,5 persent. Werkers beplan om vreedsaam buite Transnet se persele byeen te kom sonder enige stakingsreëls want die partye is steeds in ‘n dispuut gewikkel. Hulle het ooreengekom om môre met kommissarisse van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie te vergader. Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Vraghanteerders het gewaarsku die staking sal die ekonomie wurg en onherstelbare skade aanrig.