Opul se besnoeiing sal brandstof, inflasie opstoot

As die plaaslike ekonoom Salomo Hei van High Economic Intelligence reg is, sal nie net inflasie styg nie, maar duurder brandstof is ook weer ons voorland. Hei het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die besluit van Opul en sy vennote om in November daaglikse produksie met 2 miljoen vate te sny. Hy verduidelik.

Brent ru-olie het vanaf 91 Amerikaanse dollar ‘n vat Woensdagaand tot by 94 dollar vandag gestyg en verhandel op die oomblik rondom 93 dollar.