Polisie-offisier skiet tientalle by dagsorgsentrum in Thailand dood

Tientalle mense is dood toe ‘n gewese senior polisie-offisier ‘n dagsorgsentrum in Thailand met vuurwapens en ‘n mes aangeval het. Drie-en-twintig voorskoolse kinders is volgens berigte onder die sowat 31 slagoffers. Die aanvaller is later identifiseer as die 34-jarige Panya Kamrab, wat onlangs uit die polisiediens afgedank is waar hy die rang van luitenant-kolonel beklee het. Hy het van die toneel gevlug, maar die polisie het hom tot by sy huis agtervolg, waar hy sy gesin en homself doodgemaak het. Die motief vir die aanval is nog nie duidelik nie.