Opul+ moet produksie verhoog

Internasionale nuusagentskappe berig dat die prys van Brent ru-olie vanaf 76 Amerikaanse dollar en 50 sent vandag begin daal het en verhandel het rondom net bo 76 dollar. Daar is vrese dat die vraag na olie sal daal nadat data getoon het China se invoere in die eerste ses maande van die jaar gekrimp het. Dit is die eerste keer sedert 2013 dat invoere na China gedaal het en kenners meen dit is moontlik ‘n aanduiding dat die Delta-variant ‘n daadwerklike uitdaging internasionaal sal word. Opul+ het aan die begin van die maand ontmoet om produksie vlakke te hersien maar geen ooreenkoms kon bereik word nie. Die Amerikaanse konsultasie firma Eurasia Group sê invoere neem ook af omdat die prys te hoog is en raffinaderye se profyt het te skerp gedaal. Daarom meen die groep Opul moet produksie vlakke dringend verhoog.