Covid-hospitaliserings… dis wat dit kos

Plaaslike media berig dat die hospitalisering van Covid-pasiënte tydens die tweede en derde vlaag van infeksies tot dusver meer as 500 miljoen Namibiese dollar gekos het. Die Namibiese gesondheidsministerie het volgens berigte bereken dat 47 481 dae in hospitale deurgebring is tussen 16 Desember verlede jaar tot 10 Julie vanjaar. Dae in hoësorg is op 8 320 bereken. Daar is ‘n totaal van 89 603 gevalle in die periode aangemeld en voorskrifte vir die gevalle, sou helfte by die huis herstel en helfte in hospitale beloop tussen 36 en 54 miljoen Namibiese dollar.