Zuma-aansoek: van die partye hoort nie hier nie

Oudpresident Jacob Zuma se advokaat, Dali Mpofu sê die staatskapingskommissie en die Helen Suzman-stigting het geen reg om deel te wees van sy kliënt se aansoek vir ‘n interdik van die bevel van die Konsitusionele Hof. Die hof het beslis hy moet vandag gearresteer word. Sy aansoek word op die oomblik aangehoor in die hof in Pietermaritzburg.

In verband met die regte van die hooggeregshof, sê Mpofu die hof het die nodige nasionale jurisdiksie om bevele af te dwing.