Opposisiepartye vra vir mosie van wantroue teen Ramaphosa

Verskeie opposisie-partye in die buurland vra vir ‘n mosie van wantroue teen President Cyril Ramaphosa na aanleiding van die Phala Phala-plaasskandaal. Die EFF-leier, Julius Malema, het die media vandag ingelig en sê die partye vra dat Ramaphosa vervolg moet word. Intussen sê Malema die partye sal met die DA vergader, aangesien die party van mening is die artikel 89-proses moet afgehandel word voor ‘n mosie van wantroue aangevra word.