Opposisiepartye staan saam om Ramaphosa as staatshoof te verwyder

Opposisiepartye in die buurland span saam om President Cyril Ramaphosa as staatshoof te verwyder. Die DA, EFF, IVP, VF Plus, ACDP, UTM, ATM, NFP en PAC het ‘n gesamentlike verklaring uitgereik nadat hulle oor die Phala Phala-verslag vergader het Nie net vra hulle alle partye in die parlement om te stem dat Ramaphosa in ‘n staat van beskuldiging geplaas word nie, hulle wil ‘n mosie van wantroue teen hom instel. Hulle het ‘n beroep op Ramaphosa gedoen om opsy te staan en eis die parlement moet fisiek sit om te stem vir die proses vir die staat van beskuldiging wanneer die Nasionale Vergadering Dinsdag byeenkom.