Omgewingsministerie sê Etosha-paaie nie só sleg

Die omgewingsministerie sê die meeste paaie in die Etosha Nasionale Parke is nie in só ‘n slegte toestand soos volgens berigte nie. Die woordvoerder, Romeo Muyunda sê meer as 100 miljoen Namibiese dollar word op die opgradering en instandhouding van paaie in westelike Etosha bestee. Hy erken egter dat paaie aan die oostelike kant by Halali, Namutoni en Okaukuejo instandhouding nodig het, maar die padskrapers word tans herstel. Muyunda sê sommige mense gaan snuffel in die park om fout te vind. Hy sê daar word na die watergate gekyk waar sommiges tegniese probleme ondervind het. Muyunda bevestig ook dat daar geen veldbrande die afgelope maand in die park was nie.