Opposisieleiers wil Netanyahu as eerste minister ontsetel

Die leiers van Israel se twee grootste opposisiepartye, Naftali Bennett en Yair Lapid, sê hulle sal ‘n koalisie vorm in ‘n poging om Benjamin Netanyahu as eerste minister te ontsetel. Volgens die voorgestelde bepalings van die beoogde koalisie sal die ver-regse Bennett Netanyahu vir die eerste twee jaar as eerste minister vervang. Die sentristiese Lapid sal vir die laaste twee jaar eerste minister wees. Netanyahu, wat tans tereg staan op klagte van korrupsie, sê Bennett se standpunt hou ‘n bedreiging in vir Israel se veiligheid.