Kawana op besoek in Kunene

Die Namibiese minister van binnelandse sake dr. Albert Kawana is op besoek aan die Kunene-streek om hom te vergewis van die situasie daar, veral met Angolese burgers wat die afgelope tyd al hoe meer die grens oorsteek en Namibië binnekom. Volgens die minister is die besoek belangrik om hom op hoogte te bring met die uitdagings van die streek.