Knowledge Katti glo betrokke by ReconAfrica

Die omstrede sakeman, Knowledge Katti, word betrek by ReconAfrica, die Kanadese olie- en gasmaatskappy wat eksplorasie in die Kavango-Oos doen. Volgens die Kanadese koerant, The Global and Mail, is Katti as media-konsultant deur ReconAfrica betaal. Die voorsitter, Jay Park, het aanvanklik aan die koerant gesê ReconAfrica het geen bande met Katti nie. ‘n Woordvoerder van ReconAfrica het later gesê Katti was kortliks vanaf Oktober 2020 as media-konsultant betrokke, maar het geen sakebelange meer met die maatskappye nie.