Opperhoof is boos vir die Duitsers, Duitsers sê hulle soek versoening

Die opperhoof van die Ovaherero, professor Mutjinde Katjiua het hom vererg vir ‘n brief wat die Forum van Duitssprekende Namibiërs aan President Hage Geingob, sowel as die Duitse ambassadeur Herbert Beck gerig het. Die forum sê ‘n kolom wat in plaaslike media geplaas is toon disrespek en verbrokkel verder die verhouding tussen die partye wat deur die volksmoord geraak word. Katjiua sê Duitssprekende Namibiërs moet hulle nie uitlok nie. Hy sê hulle het hul rykdom opgebou uit slawe-arbeid. Harald Hecht, die voorsitter van die forum, sê hulle kommer lê daarin dat die kolom versoening en samewerking tussen die Namibiese en Duitse regerings belemmer.