Air Namibia werkers loof Venaani vir sy eise by die eerste minister

Die voormalige werknemers van Air Namibia het hul dank uitgespreek teenoor McHenry Venaani, president van die PDM, vir sy ondersteuning. Venaani het in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat hy verskeie vrae aan die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila sal vra, waaronder die stand van sake met die voormalige Air Namibia-werknemers. Hy eis antwoorde oor hul skeidingspakkette en hoeveel werkers reeds die betalings ontvang het. Hy wil ook weet waar die bates van die redery is. Kosmos 94.1 Nuus het met Renier Bougaard, ‘n voormalige werknemer van die redery en woordvoerder van die groep gesels.