Oppenheimer Navorsings-konferensie fokus op omgewing

Die Oppenheimer Navorsings-konferensie het beklemtoon die gesprek oor die omgewing moet ʼn prioriteit wees. Die 11de jaarlikse konferensie is deur 380 afgevaardigdes in die omgewingswêreld bygewoon en het gefokus op klimaatsverandering, biodiversiteit, landskap-ekologie en wildbewaring. Die aanbieder van Carte Blanche, Bongani Bingwa, het in sy toespraak gewaarsku die gedempte stem van Afrika-navorsers sal lei tot bewarings-modelle wat afgedwing word en wat kennis van die omgewing van Afrika verontagsaam. Hy sê Afrika het minder as een persent top-skrywers oor klimaat-navorsing en Afrika-mediadekking oor klimaatsverandering.