Nampol-Erongo bevestig ondersoek na bedroefde ma se bewerings

Die Namibiese polisie in die Erongo-streek het bevestig ‘n ondersoek is goedgekeur oor die beweringe van die ma van die seuntjie wat die naweek op Walvisbaai vermoor is. Die 33-jarige Memory Eises, die ma van die vyf-jarige Wilfred Eiseb, blameer Nampol vir sy moord. Sy sê sy was vanaf verlede Dinsdag nadat haar man byna haar sinkhuis afgebrand het, elke dag by die Kuisebmond-polisiekantoor om tevergeefs hulp te soek om haar gesin te beskerm. Haar vervreemde man, die 29-jarige Rikkie Narib, staan tereg op die seun se moord. Sy liggaam is Vrydagaand in die duine agter Narraville gevind. Nampol se bevelvoerder vir gemeenskapsake in die Erongo-streek, inspekteur Ileni Shapumba, het Kosmos 94.1 Nuus gepraat.