Oplossings vir meisies se uitdagings gesoek

Die Dag van die Meisiekind word vandag gevier en daar word vir oplossings vir meisies se uitdagings gesoek. Die aantal meisies wat die risiko loop van kinderhuwelike oor die volgende 10 jaar het toegeneem tot 110 miljoen as gevolg van die Covid-pandemie. Hierdie getal het van 100 miljoen toegeneem weens pandemie-verwante armoede en onderwys-ontwrigtings, sê die uitvoerende direkteur van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds Natalia Kanem. Kakuna Venokulavo, beampte vir adolessente en seksuele voortplantingsgesondheid van die VN Bevolkingsfonds in Namibië, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.