IMF: Meer as ‘n derde van lande gaan of in 2022 of in 2023 in resessie wees

Meer as ‘n derde van die lande in die wêreld gaan of vanjaar of in 2023 in ‘n resessie wees. Daar is ‘n 25 persent kans dat die wêreldekonomie as geheel in 2023 met minder as twee persent gaan groei, iets wat baie selde gebeur. Vir Europeërs midde in die energiekrisis weens Rusland se oorlog in Oekraïne is die boodskap: Winter 2022 gaan uitdagend wees, maar winter 2023 gaan waarskynlik erger wees. Dit is die waarskuwing van Pierre-Olivier Gourinchas, die hoof-ekonoom van die van die Internasionale Monetêre Fonds, die IMF, in die wêreld- ekonomiese vooruitsig vir Oktober.