Hoekom ‘n stokperdjie goed is vir jou brein en liggaam – van tennis speel tot inkleur, ‘n stokperdjie kan jou help om beter en langer te leef.
Ons gesels oor iets wat baie van ons geniet, maar dalk nie besef hoe goed dit vir ons is nie—stokperdjies! Het jy al ooit gewonder hoekom mense sê dat jy ’n stokperdjie moet hê? Wel, wetenskaplikes het gevind dat stokperdjies nie net pret is nie, maar ook wonderlike voordele vir jou brein en liggaam inhou. […]
Angs en slapeloosheid: Hoe om die bose kringloop te breek
Hier is nou ‘n onderwerp wat baie van ons raak—iets wat letterlik ons van ons nagrus beroof: die skakel tussen angs en slapeloosheid. Ons weet almal hoe dit voel om in die middel van die nag wakker te lê, bekommerd oor die toekoms, of net nie aan die slaap kan raak nie, al is jy […]
Volgens ‘n meningspeiling dink 1 uit 3 Amerikaners dat die sluipmoordpogings op Donald Trump ‘n sameswering was.
’n Onlangse nasionale peiling toon dat een uit elke drie Amerikaners glo dat pogings om oudpresident Donald Trump te vermoor deel van ’n sameswering is. Die opname, wat uitsluitlik vir Newsweek deur Redfield & Wilton Strategies gedoen is, het ‘n diverse groep respondente van regoor die land laat deelneem en hulle is die volgende gevra: […]
Robbie Williams tree nie meer in Johannesburg op nie, maar wel in Pretoria
Robbie Williams se optrede wat geskeduleer was vir 18 Januarie by die FNB-stadion in Johannesburg, sal nou met twee konserte op Saterdag, 25 en Sondag, 26 Januarie by die SunBet Arena in Pretoria vervang word. Sy Kaapse optrede op 22 Januarie by die DHL-stadion in Groenpunt sal egter voortgaan. “Weens dagboekkonflikte met Robbie Williams se […]
Amper ‘n sprokies-storie, maar nie sonder harde werk nie. ‘n Sri Lankaanse werker wat in minder as ‘n dekade ‘n miljoenêr in Australië geword het
‘n Amper sprokiesverhaal, maar nie sonder harde werk nie. Die ware betekenis van vasberadenheid en harde werk kan jou vat van arm na skatryk. ‘n Sri Lankaanse werker, Vinul Karunaratne, het in minder as ‘n dekade ‘n miljoenêr in Australië geword, alles net deur skoonmaakwerk. Vinul Karunaratne se storie begin in 2015, toe hy van […]
US$13m word verwag in rolprentmemorabilia-veiling
Van Yoda se kierie tot Clint Eastwood se stofjas in “The Good, the Bad and the Ugly”, honderde items gaan volgende maand onder die hamer in ‘n uitverkoping van fliek- en televisie-memorabilia. Vermaaklikheidsmemorabilia-afslaer Propstore verkoop meer as 1 800 items op sy jaarlikse veiling, wat vanjaar van 14 tot 17 November duur, en wat volgens hom meer as […]
Jurassic World Rebirth kom in 2025!
Groot nuus vir alle Jurassic Park-aanhangers! Jurassic World Rebirth se vrystellingsdatum is bevestig en beloof om aanhangers van die franchise opnuut te betower. Ná die sukses van die oorspronklike trilogie, keer Universal terug na hierdie geliefde wêreld vol dinosaurusse. Die oorspronklike Jurassic World-rolprent, wat in 2015 vrygestel is, het groot name soos Chris Pratt en Bryce Dallas Howard […]
Dames? Iets vir die oog? Urvashi Rautela in ‘n 24K goue Manipuri trourok
Onlangs het die Indiese aktrise Urvashi Rautela die modewêreld op sy kop gedraai met haar asemrowende voorkoms tydens die “Global India Couture Week”. Sy het ‘n indrukwekkende 24-karaat goue Manipuri Potloi-rok gedra, ontwerp deur die bekende Robert Naorem Studio. Hierdie rok is nie net ‘n mode-item nie, dit is ‘n meesterstuk van kultuur en tradisie. […]
Nederlandse museum vind kunswerk terug
‘n Nederlandse museum het een van sy kunswerke teruggevind nadat ‘n personeellid dit per ongeluk weggegooi het. Die werk met die titel Al die goeie tye wat ons saam deurgebring het, van die Franse kunstenaar Alexandre Lavet, lyk met die eerste oogopslag soos twee ingeduikte bierblikke. Dit is egter met die hand geverf met akriel. […]
Toets wat kan bepaal hoe lank jy oor het om te leef…
Daar is ‘n nuwe toets wat dalk kan bepaal hoe lank jy nog het om te leef. Navorsers in die VSA het ‘n tweede-generasie epigenetiese horlosie genaamd CheekAge ontwikkel, wat metileringsdata van selle in mense se wange gebruik om sterfterisiko’s te voorspel. Voorheen is bloedmonsters gebruik om epigenetiese horlosies te kalibreer, wat moeilik was om […]