Opgeleide onderwysers moet ondersteuning kry

‘n Beroep word op die buurland se Openbare Beskermer gedoen om haar vir die regte van studente met nagraadse sertifikate in die onderwys te beywer. Dit volg na verskeie klagtes dat die studente befondsingskema nie meer bereid is om vir onderwysopleiding te betaal nie. Die aktivis Hendrick Makaneta sê boonop weet baie van die studente nie of hulle werk gaan kry nie. Makaneta vra die kantoor van die Openbare Beskermer om die saak dringend te ondersoek: