N$5,5 miljard vir Lesotho Hoogland-projek

Die Trans-Caledon-tonnel-owerheid en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika het twee leningsooreenkomste van gesamentlik 5,5 miljard Namibiese dollar toegestaan vir die tweede fase van die Lesotho Hoogland-waterprojek in die Vaalrivier-stelsel. Die bank sê die geld sal aangewend word vir die ontwikkeling van infrastruktuur oor ‘n tydperk van 20 jaar en sal water aan boere en gemeenskappe verseker. Dit behels ook die voorsiening van bykomende water aan Gauteng, die Vrystaat, Noordwes, die Noord-Kaap en Mpumalanga.