Henties maak ook binnekort skoon

Hentiesbaai, nes talle ander dorpe regoor Namibië sal op 26 Junie ‘n groot skoonmaak veldtog op die dorp hou. Inwoners het die afgelope tyd gekla oor vuil strande en oor die toestand in die dorp oor die algemeen. Daleen Agenbach, een van die organiseerders, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.