Krieket: Namibië se David Wiese slaan IPL-kontrak los

Krieket: Die 37-jarige David Wiese is die eerste Namibiese krieketspeler om ‘n Indiese Premierliga-kontrak te kry. Die Kolkata Knight Riders het die veelsydige veteraan op sy veiling vir die komende seisoen in Kochi ingepalm. Wiese het veral tydens T20 Wêreldbeker vir die Eagles presteer. Volgende jaar se IPL begin op 20 Maart. Engeland se veelsydige speler, Sam Curran, het die duurste speler in die geskiedenis van die Indiese Premiersliga geword toe Punjab Kings hom op die spelersveiling vir 38 miljoen Namibiese dollar gekoop het.