Amerikaanse regering keur hulpppakket aan Oekraïne goed

Die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het sy finale goedkeuring gegee vir ‘n hulppakket van 45 miljard Amerikaanse dollar vir Oekraïne. Dit volg op Oekraïnse President Volodymyr Zelenski se besoek aan Washington Woensdag. Die maatreëls wat deur die Demokraties-beheerde raad goedgekeur is, is deel van ‘n finansierings-wetsontwerp van 166 triljoen dollar deur die regering, wat deur die senaat goedgekeur is. Amerikaanse President Joe Biden moet dit nou in wetgewing laat vervat. Zelenski het die kongres en leiers van albei partye op Twitter bedank.