Opening van tersiêre instellings sal seepglad verloop

Die Suid-Afrikaanse adjunkminister van hoër onderwys, Buti Manamela, is vol vertroue die opening van tersiêre instellings sal seepglad verloop. Manamela het beloof geen student sal agterweë bly nie. Hy sê aandag sal gegee word aan die bekommernisse van beide die universiteite en kolleges en alle verdienstelike studente sal finansiële bystand ontvang om hul opleiding te verbeter.